Klavier
Solo's, duette en ensembles
Pomario Musiekeisteddfod
16–20 Augustus 2027 · Citrusdal
Die Pomario Musiekeisteddfod is 'n nuwe instrumentale musiekgeleentheid vir plaaslike skole en skole in omliggende dorpe.
Middagsessies · Instrumentale musiek · Geen sangitems

Ons doel
Die eisteddfod skep 'n ondersteunende platform waar jong instrumentaliste kan optree, waardevolle terugvoer ontvang en hul liefde vir musiek verder ontwikkel.
Die fokus is uitsluitlik op instrumentale musiek. Sang word nie aangebied nie, sodat die geleentheid bestaande plaaslike kultuuraanbiedings aanvul.
Voorgestelde afdelings
Solo's, duette en ensembles
Viool en ander strykinstrumente
Houtblaas en koperblaas
Akoesties en ander toepaslike afdelings
Solo- en ensemble-items
Duette, trio's en instrumentale groepe
Finale afdelings en itemvereistes sal in die amptelike sillabus bevestig word.
Hou die week oop
16 – 20 Augustus 2027Belangrike datums
Fooie en dokumente
Die volledige sillabus, reëls, inskrywingsfooie en amptelike inskrywingsvorm sal hier beskikbaar wees sodra dit gefinaliseer is.
Hoe werk dit? | How does it work?
Belangstellingsvorm
Laat weet ons watter instrumente, ouderdomsgroepe en geskatte aantal leerders julle graag wil inskryf. Dit help ons om die eerste eisteddfod prakties te beplan.
Vul die belangstellingsvorm in Die belangstellingsvorm sluit op 30 Oktober 2026.